Terug na tuisblad    Kunstenaars wat optree      Kaartjies          Verblyf            Padkaart             Vrae en antwoorde               Kontak ons

 
 

Kurt het verjaar en daar is GROOT makietie gehou.
Dit was 'n fees!

As jy daar was, sou jy saamstem dat dit sommer 'n GROOT en lekker fees was!

Die keuse van kunstenaars wat saam met Kurt hierdie mylpaal gevier het, was uitstekend. Daar is musiek gemaak tot laataand toe.

'n Fees van hierdie formaat wat vir die eerste keer aangebied word, stel altyd groot uitdagings. Die belangrikste is dat die feesgangers dit moet geniet. Te oordeel aan die oorgrootte meerderheid van terugvoer wat ontvang is, was dit ook so!

Aan 'n ieder en elke persoon wat die moeite gedoen het om die fees by te woon wil Kurt en die feesorganiseerders baie dankie sê. Julle ondersteuning en die wyse waarop daar tydens die fees erkenning uitgedeel is aan die kunstenaars, is voorwaar 'n riem onder die hart. Baie dankie daarvoor.

Wat van volgende jaar?

Hoewel dit nog nie amptelik is nie, kan jy dalk 18 en 19 Februarie 2011 dagboek.  Die groot getal mense wat die fees bygewoon het, dui daarop dat dit meer sinvol sal wees om die fees oor twee dae te versprei. 

Meer inligting hieroor sal binnekort op hierdie bladsy gepubliseer word.

Ons borge