Kunstenaars sê geluk!

 

KURT,

Baie geluk met jou verjaardag. Mag God se goedheid en guns jou volg in die nuwe lewensjaar wat voorlê en mag net nog meer en meer sukses en voorpsoed elke dag vorentoe aan jou deur kom klop, want jy verdien dit in veelvoud. Jou harde werk is ‘n inspirasie & ek voel in nederigheid geseënd om hierdie eerste InniBOSVELD verjaardag opskop makietie saam jou te kan deel. Baie blessings & sien jou binnekort by die fees-der-feesvieringe!
SORINA

Ps! My alter ego, die “Witbank Flooze” wil ook graag iets sê: “Hoezzzzit my tjomma!! Oeee pappie, dis partytjie tyd & ek weet sommer dit gaan een mooooewiese lekkerrrr sellebrasie wees. Hêppy hêppy hêppy & ek sal verseker by InniBOSVELD ‘n draai kom gooi & die party people leer hoe om te “flooozerayna” (dis amper soos die macaryana, net met meer oemf en nie so kômmin nie.) Njoy & onthou, ek watch jou!
FLOOZE


Wat gee jy vir 'n man wat alles het?

'n Great loopbaan?... Die het hy.
'n Pragtige verloofde?... Die het hy.
'n Sterk bankbalans?... ek skat die het hy ook.
'n Wonderlike jaar?...Die gaan hy ook hê.
Wonderlike vriende....Ek is mos hier! Al wat ek oor het om vir jou te gee Kurtjie is...
'N VRIENDELIKE GLIMLAG!!!
 
HEPPIE!HEPPIE!!

Wicus van der Merwe


Dankie Kurt vir 10 jaar van vriendskap.  Jy help altyd jou medemens en vriende en ons waardeer dit.  Ons weet jy gaan lekker verjaar.  Alles van die beste vir jou en Donay en mag 2010 'n jaar vol vreugde wees.

Tony & Harry Campbell

 



Hi KD

Baie geluk met jou bday Bra! Blessings vir die nuwe lewensjaar en mag jy van krag tot krag gaan!  Baie dankie vir alles wat jy vir my beteken, vir alles wat jy my geleer het en nog elke dag leer.

Ek sien op na jou !!

Arrie  (Arno Jordaan)


Kurt, jy verdien die GROOTSTE paartie en beste verjaarsdag ooit!!! Jy’s nie net ‘n ware superster nie, maar het siel, meegevoel en ‘n groot hart. Dankie vir al jou ondersteuning, jou positiewe energie en songs wat ons nooit sal vergeet nie!

Happy Birthday Kaptein!!!

Snotkop


Hi Kurt

Geluk met hierdie groot mylpaal . Mag jou hartsbegeertes vervul word en God jou rigtingwyser bly.

Happy happy !!

Fredi Nest


Jannie MoolmanKurt, mag jy 'n wonderlike dag hê. En mag hierdie jaar vir jou net goeie dinge inhou. Jy verdien dit, ou maat.

Jannie Moolman

 

 


Elizma TheronMag die kaptein nog lank oor die waters van Afrikaanse musiek seil, met 'n sterk wind van agter. Baie geluk met jou mooi dag, Kurt.
 
Elizma Theron
 
 
 
 
 
 

Pay Daylin Kurt,
 
Thank you for always believing in me. You’re still Captain. Happy Birthday!!
 
Love you lots.
 
Ray and Family
 
 

Bok van BlerkKurt,
 
Baie geluk met jou verjaarsdag, Kurt!  Hoop jy onthou hierdie jaar myne… Mag dit vir jou 'n mooi en geseënde jaar wees!
 
Bok
 
 
 
 



Nocholis LouwAan 'n ware Pionier,

Baie dankie dat jy soveel vir Afrikaanse musiek doen en jou sukses met jou mede kunstenaars deel sodat ons almal vorentoe kan beweeg, jy is 'n STER! Baie geluk met jou verjaarsdag! 

Nicholis

 
 

 
Pieter Smith
Kurt,
Veels geluk my bra!!!! Mag daar nog vele wees...

Dankie dat ek hierdie dag met jou kan deel. Ek het besluit om vir jou ’n song te skryf vir jou bday, dit gaan so:

(Hoop jy hou daarvan, dis op die wysie van 'yello submarine')
 

Groetnis
Pieter Smith


Pieter Koen 
“Baie geluk met ‘n ongelooflike jaar wat verby is, en ons sien saam met jou uit na al die goeies wat nog voorlê!

Tonne blessings, hope voorspoed en net die mooiste en beste vir die toekoms!...”Crouch….touch…pause….engage…””


Pieter – Lotie – Jòvan – Jayden