Algemene vrae (en antwoorde)
Hoe ver is Kurt se plaas van Gauteng
af?
Dis net 1 en ’n half uur se ry uit Midrand. Jy neem die N1 na Pietersburg en kort voor lank sien
jy die afdraai na Mookgophong. Kurt se plaas is net duskant die dorp en net ’n klipgooi van heerlike
vakansieblyplekke. Kyk op die padkaart-skakel vir meer direkte aanwysings.
Is daar plek om te oornag?
Aangesien Kurt se plaas ’n “werkende” wildsplaas is, laat ons nie kampeerders op die
terrein toe nie. Daar is egter meer as genoeg blyplek in die nabye omgewing: wildsplase , vakansie-oorde,
gastehuise, kampeerterreine en meer! Kyk gerus op die verblyf’-skakel vir meer
besonderhede. Is daar genoeg parkering vir al die
mense?
Daar is meer as genoeg parkeerplek op die plaas. Parkering gaan beslis nie ’n probleem wees nie.
Ons het planne beraam om die lang toue motors wat in 2010 gewag het om by die plaas in te draai, te verhoed.
Ons belowe: geen verkeersknope in 2011!
Wat gebeur as dit reën?
Wel, the show must go on! Die verhoog is onderdak, dus sal die vertoning beslis
aangaan. In Februarie is daar gewoonlik net donderstorms, maar dit gaan in elk geval so warm wees dat ’n
reënbuitjie jou net gaan afkoel en geensins die vermaak gaan beïnvloed nie.
Wat van kos en drinkgoedjies?
Daar gaan meer as genoeg heerlike kos te koop aangebied word. Daar is nie minder nie as 38 kosstalletjies nie,
waaronder ook 'n stalletjie wat 'n os-spitbraai
aanbied.
Drinkgoedjies? Ook meer as genoeg. Buiten talle koeldrankstalletjies is daar ook drie biertente op die
feesterrein vir diegene wat ietsie sterker te drinke wil hê.
Mag ek my eie "koelboks" met kos en drank na die fees toe
bring?
Nee, ongelukkig nie. Omdat ons wil hê dat mense die stalletjies moet ondersteun sal geen koelbokse of eie kos en
drank toegelaat word nie. Die stalletjiehouers doen baie moeite om hulle dienste aan feesgangers te verskaf en
die gehalte van kos wat aangebied sal word is genoeg om enige mond te laat water!
Wat van stoele? Moet ek my eie stoel saambring?
Jy is welkom om jou eie stoel saam te bring. Daar sal ook heelwat plastiese stoele te huur aangebied word vir
diegene wat nie 'n stoel wil saambring nie.

|